Minimum posvereistes:
- Graad in Maatskaplike Werk
- Registrasie by SARMD
- Geldige rybewys en bewese bestuurservaring
- Rekenaargeletterdheid
- Suid-Afrikaanse burgerskap
- Moet Afrikaans kan praat en lees
Ander vaardighede:
- Uitgebreide kennis van die Kinderwet
- Uitstekende verslagskryf vaardighede
- Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede
- Uitstekende werksetiek
Alle regte voorbehou deur NG Welsyn
Vergoeding en byvoordele:
- Salaris: R13,648.00 – R16,766.00 per maand, plus pensioen
Hoe om aansoek te doen:
Moet geen CV aanstuur nie. Stuur slegs ‘n e-pos na heleen@ngwelsyn.co.za en versoek ‘n voorlopige aansoekvorm. Verdere inligting en ondersteunende dokumentasie sal van kandidate op die kortlys versoek word. Maak asseblief seker u voldoen aan al die gemelde posvereistes alvorens u aansoek doen.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 Maart 2022
Aanvangsdatum: So gou moontlik daarna
Applikante wat nie binne 2 weke terugvoer ontvang nie moet aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.
Voltydse Maatskaplike Werker: Schweizer-Reneke